Deur


‘How long have you been standing here?’
Die stem is gentle, eerlike nuuskierigheid. Soos ek omdraai my antwoord. 
‘For about a year. How long have you been standing there?’
‘Just arrived’ Dis ‘n effens gesette figuur met ‘n lang rooi baard.
‘Apologies for not noticing sir. Are you here for the music?’
Sy sagte oë sê ja. Hy lyk soos ‘n biker. 
‘Yeah, sure am’ Amerikaans.
‘Welcome to South Africa and the Bassline sir! You are in for a treat. Would you like to hear who’s playing?’
‘That’s okay. I’m sure I’ll pick it up along the way. How much is the cover?
‘50 South African Rands sir’
Hy lag gemoedelik, haal R50 uit.
‘Thank you sir. Kick off is at around eight. Enjoy!’
Daar is ‘n glinster van opwindende afwagting. ‘
‘Sure will!’
Sy blik en ore verskuif in die rigting van die klein verhogie aan die agterkant. 
Dis ‘n luisteraar.

Brad die eienaar loop terselfdertyd uit die klein kombuis bo van die trap aan die linkerkant van die stage. Hy word nervously gevolg deur Morné. Hulle het seker hulle eerste lyn vir die aand gedoen. Die oomblik as Brad vir Rooibaard sien, verstyf hy vir een oomblik. Dan loop hy met ‘n direkte verwelkoming op hom af. 
‘My God!’ Hy skud Rooibaard se oorblywende hande met kinderlike opgewondenheid.

‘So how much is the cover charge?’
Dis ‘n vroue stem. 
‘Fifty Rand M’am’
‘I’m not a M’am’
Goeiste, sy is mooi. Swart hare. Onskuldige blou oë. Eers ‘n Amerikaanse biker looking ou en nou ‘n jong mooi Afrikaanse girl. Wat gaan vanaand aan. Ek buig my kop in erkenning. 
‘Hoekom werk jy hier?’
‘Ek hou van jazz. Ek kon nie die cover charge bekostig nie. Toe sê die eienaar ek kan die deurman wees?’
Effens uit balans wees en ‘n eerlike antwoord kan nie verkeerd wees nie. 
‘Ek het al ‘n paar keer hier verby gestap en gewonder. Ek is ‘n sielkundige’ Dit kom met ‘n verskonende blos op haar wange.
‘Do you know who that is?’ Brad se stem, groter as sy maer lyf, amper groter as sy groot kop wat op sy maer skouers wankel verbreek die oomblik.
‘That’s Billy Gibbons’
‘Billy who?’
‘Billy Gibbons, from ZZ Top’
‘Oh!’
Brad skarrel onmiddelik verder met sy gewone ‘ I’m late with the rent. The kitchen is slow, the barman is stoned. The musicians are late. Why am I doing this’ 
Ek weet verseker dat ek nie weet hoe die ouens van ZZ Top lyk nie. Al wat ek weet is hulle het baarde en speel rock musiek. 

‘So is daar baie famous mense wat hier kom?’
‘Ja, mense soos Billy Gibbons. Van ZZ Top’ My hande doen die daar-lê-die-rooi-tapyt swing in die rigting van die musiek.
Sy lag mooi. Dan direk. ‘Is jy lus om môre ‘n draai by ‘n party te maak?’
 My aandag verskerp.
‘Eeh, why not, ‘n Sielkundige ondersoek gemeng met ‘n party klink soos ‘n lekker kombinasie. En net om die transaksie eweredig te versprei bied ek aan dat jy vir halfprys vanaand se verrigtinge hier kan bywoon.‘
Effens haastig en met ‘n blos wat nog bietjie kleur bykry oorhandig sy ‘n visitekaartjie.
‘Ek is Elsa. Ek is eintlik oppad na ‘n vriendin. Miskien later. Laat weet maar..?’
‘Johan’
In die vinnige omdraai kom daar nog ‘n direkte kyk. Dit het ‘n fokus. Nie oormatig wild nie, maar ‘n duidelike twinkle.

‘This is going to be a fuckup. Why is Mike always late!’ Soos Brad dit van agter af sê verskyn Mike se ou BMW bo in die straat.
‘Thank God’ 
En daar gaan Brad weer. Oppad na William agter die bar wat met volle konsentrasie na die skoon Whiskey glas staar terwyl hy dit teen die lig hou. Die lap gereed in sy ander hand.

Gelukkig vir Mike is daar ‘n parking reg voor die deur. Hy misgis hom ‘n bietjie en parkeer met die linker voorwiel op die randjie van die sypaadjie. Die walms hang in die kar. Dis amper soos in die movies as hy die deur oopmaak. En soos gewoonlik het hy ‘n student admirer by hom.
‘Did you hear that!’ sê-skree hy oor die musiek wat saam met die rook uit die kar warrel. Die admirer is duidelik meegevoer en skud ‘n diep instemmende ja.
'Ah, my favorite doorman is here. Mike Makhalamela is in the house'
'Mr Mike! Always an honor to have you in the house sir'
Ek herhaal die rooi tapyt swing.
'So what's the vibe like tonight?'
'Electric, Mr Mike. The current has reached a peak that only you can amplify to it's full voltage'
Mike se uit die maag lag word gevolg deur ‘n hoes. Die tipe hoes wat volg na ‘n joint. 
‘That’s my man’  
Hy swagger na binne gevolg deur sy admirer.
Dit maak nie saak dat hy meestal net daai bietjie vals trompet blaas na sy joint nie. En hy praat gereeld van een of ander toer na Tokyo. Die ouens sê dis net praatjies. Maar dit maak nie saak nie. Mike is geliefd en die township jazz vloei deur hom. Dit gee mens ‘n glimps van hoe dit dalk in Sofiatown sou kon wees. 

Ek gaan sit op die barstoel net buite die deur en steek ‘n sigaret op. Die vibe is inderdaad bietjie elektries vanaand. Billy Gibbons… van ZZ Top binne. Elsa iewers buite. 
Ja, die show is aan.

Opmerkings